Die Zebravis

Die Zebravis, ‘n poëtiese binnereis, is die verhaal van my stryd om betekenis te vind in ‘n gebroke, mitelose samelewing en het manifesteer oor ‘n periode van 15 jaar.

Teen 2000 het ek begin om dieselfde beelde wat ek geskilder het, te ontwikkel en versterk met behulp van poësie. Nadat die rolspelers beskryf is, het die proses egter ‘n eie koers gekies.

Na die aanvanklike uiteensetting gaan die verwikkeling eers die dieptes in, maar algaande kom die ontknoping en ontwikkel die nuwe verhouding met die dieper lewe van die psige, uiteindelik gevind in die intieme waarheid van die badkamerspieël.

Sagteband | 134pp | 2016 | 21 x 14 cm | ISBN 978-0-620-69602-9

Prys: R150